+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Velddrif

Velddrif is geleë sowat 2km stroomop van waar die Bergrivier in die see van St Helena Baai vloei. Die naam Velddrif het tot stand gekom toe ‘n boer, Theunis Smit, sy vee deur ‘n drif in die veld gelei het om n manier oor die rivier te vind. Die diere moes dikwels oor die rivier swem. Later, in 1899, was ‘n brug gebou en was die enigste manier om die Bergrivier te kruis.

Ongeveer ‘n honderd jaar gelede, was die koringoes van die Sandveld by die Bergrivier afgebring na ‘n stoor plek naby die riviermond. Die koring was daarna in kleiner bote gelaai om dit oor die sand banke na groter skepe te neem wat verder uit gewag het op hul pad na Kaapstad.

Die “laai plek” vir die koring was later “Laaiplek”genoem. In 1968 het ingenieurs ‘n kanaal oopgeblaas om die rivier met St Helena Baai te koppel en die vissershawe van Laaiplek was sodoende voltooi.


The West Coast

The West Coast

Berg River

Op die duinerige, windverwaaide seestrand lê die pragtige kusoord van Dwarskersbos – ‘n verskeidenheid klein weskus huisies en spoggerige dubbelverdieping huise. ‘n Pragtige vakansie-oord wat pret en plesier vir die hele familie op warm Weskus dae offer.

Net om die draai lê die Rocher Pan Natuurreservaat met varswater vleie, die tuiste van talle voël spesies, diere en plante. ‘n Absolute plesier na die eerste swaar winter reën.

Ontwikkelaars het die potensiaal van hierdie pragtige deel van die Weskus ontdek. Die luukse Port Owen Marina is ‘n gewilde vakansie en naweek oord vir die kieskeurige watersport-entoesias of natuurliefhebber.

Gereelde bootritte is beskikbaar om die rivier se voëls te sien, bv. flaminke en pelikane. Dit is een van die beste voëlkyk ervarings op die Weskus.

Die jaarlikse Bergrivier-kanoemaraton eindig by Velddrif. Oseaan seiljagte sien Port Owen as ‘n veilige vasmeer plekkie. Die area bied ook goeie visvang vir beide boot, rots en strandhengelaars.


Laaiplek Berg River

Admiral Island

Admiral Island

Velddrif en Laaiplek restaurante, wat op die Kreef Roete is, het ‘n keuse van seekos lekkernye en tradisionele kontreikos, bedien met kenmerkende Weskus gasvryheid. En, natuurlik, die hart van die Bokkom industrie!

Toeriste het ‘n wye keuse van hotelle, karavaan parke en gastehuise in en naby Velddrif. Hotelle is geleë op die oewer en karavaan parke bied ‘n skouspelagtige uitsig van beide die riviermond en die see.

Velddrif en die omgewing het ‘n fatastiese atmosfeer wat’n mens tyd en tyd terug sal bring.

Die matige Mediterreense klimaat bied jaar lange vakansie moontlikhede. Hier dryf die lewe in ‘n rustige atmosfeer, en gee jou tyd om te ontspan sonder skares mense, geraas en verkeer,omring jouself met onvesteurde natuur.