+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Visvang en Kreefduik by Port Owen, St.Helena Baai en die Bergrivier

St Helena Baai, die Bergrivier en die waterweë van Port Owen bied goeie vangs vir verskillende tipe visse op verskillende tye van die jaar. Die munisipale inligtings kantoor kan vir jou “up-to-date” inligting gee oor wat byt en die beste plek om te gaan. Op die tyd van jou besoek.


JasusLalandii

Kreef

Die westelike gedeelte van St Helena Baai is ‘n Kreef reservaat en geen kreef mag op enige manier in hierdie gebied gevang word nie. ‘n Goeie area vir kreef vang is egter beskikbaar by Britannia Reef, Britannia Bay, op North Blinder asook Elandsbaai.

Kreef kan van ‘n boot af gevang word deur gebruik te maak van ringnette met behulp van enige vis aas. Die rigting van die wind raak nie kreefduik nie, maar die barometer moet onder 1020 lees vir die beste resultate. Kreef kan slegs van die strand af geduik word en sonder duik toerusting.


Perlemoen

Perlemoen

Hierdie skulpvis kan gevind word op die riwwe rondom Stompneusbaai Punt en langs die kus.


Galjoen

Galjoen

Gevang op die rif af Dwarskersbos in Februarie en Maart, ‘wanneer die Hannepoort’ is hulle op hulle beste, maar kan regdeur die jaar gevang word. Die tyd van die dag maak geen verskil in die vang van Galjoen nie en hulle sal byt in die nag. Naby die kus met ‘n rowwe see en ‘n hoë gety is die beste tyd en vir hierdie rede word hulle meestal van die strand af gevang. Gewilde aas is rooi-aas, wit of swart mossel wat mees algemeen gebruik word en is die mees effektiewe aas.


Snoek

Snoek

Gedurende die winter en laat somer maande word groot skole Snoek opgemerk van Stompneusbaai Punt en groot hoeveelhede kan gevang word met handlyne. Die mees gewilde plek is North Blinder, maar dit is die moeite werd om te vra waar snoek onlangse gevang is aangesien die skole van plek tot plek beweeg en plaaslike kennis is van onskatbare waarde. Snoek word met handlyne gevang met behulp van sardyne as aas of met hoof ‘dolly’ lyne.  Vir meer inligting Click hier vir Escape Magazine se article


Hottentot

Hottentot

Tussen Oktober en Mei word groot skole Hottentot gevind naby Dwarskersbos, North Blinder en Doctor rif. Hottentot kan ook gevind word teen die weste langs die weskus van St Helena Baai. Die Japannese lang-lyn bote vang groot hoeveelhede Langvin, Geelvin, Grootoog en Blauwvin tuna asook Swaardvis, Seilvis en Marlyn. Hierdie visse kan die basis van ‘n pragtige toerisme industrie in die gebied wees.


Cob

Kabeljou

Tussen September en Mei kan Kabeljou uit die see by Swartbos en die rif voor Soverby Lapa (tussen Laaiplek en Dwarskersbos) gevang word. Sardyne en Inkvis (Tjokka) is die beste aas, maar hulle sal ook soms witmossel vat. Groot Kabeljou word ook soms in die Bergrivier gevang. Die beste plek is die spoorweg brug op ‘n inkomende gety.


Steenbras

Steenbras

Tussen November en middel Mei is die beste tyd om Steenbras en Stompneus te probeer vang. Hierdie vis kan van die kus by die Soverby Lapa gevang word en hulle hardloop ook volop in die Bergrivier. Goeie mossel, sand-garnale en modder-garnale is die gunsteling aas om te gebruik. Hulle hou ook van Bloedwurm.


Shad

Elf

Middel November en die einde van Maart is die beste tyd om Elf te probeer vang. Daar is ‘n goeie kaans om hulle in die Bergrivier of in Port Owen te vang. Sardyne is die beste aas, maar hulle eet ook graag ander vis aas. Jy sal ‘n grooter kaans vir sukses hê as jy ‘n stukkie kurk naby aan die aas so bokant vasmaak sodat die aas effens kop bo water is. Jy kan ook spin vir Elf.


Maasbanker

Maasbanker

Maasbanker word soms gevang in die rivier en die waterweë van Port Owen.


Knorhaan

Weskus Knorhaan

Kan onder aan die baai gevang word rondom die riwwe of op die onderkant van die waterweë.


Wit Stompneus

Wit StompneusDruk hier vir die storie van Wit Stompneus

 

Druk hier vir visvang in die Langebaan Lagoon

Druk hier vir visvang charters