+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Neem in ag wannneer jy jou eiendom wil verkoop

Posted on March 25, 2015 by Gideon Langart in Eiendom sake
Die keuse van die agent wat jou die hoogste waardasie gee is ‘n algemene fout. Hulle doen dit dikwels vir ‘n alleenmandaat en die eindom verkoop later vir ‘n laer prys as wat jy vroeër kon gekry het. 

Vra vir ‘n behoorlike Vergelykende Mark annalise, van soortgelyke eindomme wat verkoop het, soortgelyke eiendomme nou op die mark en vervangingswaarde. Ongelukkig is die mark se pryse nie altyd wat jy in jou sak wou he nie. 

Kies jou agent op hul ervaring, kundigheid en hul bemarking plan. 

Om jou huis in die mark te sit teen n te hoe prys is nog ‘n fout wat dikwels gemaak word.   Om die eiendom se prys later af te bring is nie naastenby so effektief soos pryse wat van die begin af korrek is volgens die mark nie.   Verkopers sit soms hul eiendom in die mark teen n baie hoe prys en vra dan die agent om te sien wat gebeur.  Die feit is egter dat onrealistiese pryse potensieele kopers weg hou. 

Wanneer n eiendom verf of onderhoud bedondig, is dit ‘n onfeilbare manier om óf jou waarde te verlaag of te verseker dat die huis nie verkoop word. Dit is moeilik vir mense om hulself in die eiendom te sien die goeie lewe leef in n huis wat aandag nodig het.  Dit is die moeite werd om daardie bietjie verf op te sit. 

Huurders wat nooit tuis is of nie regtig toegang wil gee wanneer ‘n agent die eiendom wil wys.  Huurders moet deur die eienaar of verhurings agent in kennis gestel word dat die eiendom in die mark is.  As hulle bewus is daarvan moet hul ook bereid wees om redelik beskikbaar te wees wanneer n agent moontlike kopers die eiendom wil gaan wys. Dit is n baie moeilike proses as hulle nie saamwerk nie.  As jy ernstig wil verkoop, kry hul samewerking met die proses of kry hulle uit. 

Om ongeduldig te wees met afsprake is nog n probleem. Ons almal sou graag ‘n week se kennisgewing wou gee, maar voornemende kopers loop soms onvoorbereid in en die agent het ‘n beperkte tyd, help asseblief om almal te akkommodeer. 

As die huis leeg is of daar is nie n sleutelhouer, gee die beste agente sleutels. Eiendom waar toegang maklik is sal die meeste gewys word.  As jy hulle  nie met hou sleutels vertrou nie, vertrou hulle nie met die verkoop van jou huis. 

In kort – Prys Reg, Maak Nice, Akkommodeer


0 comments

Comments are closed.