+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Waarom dit belangrik is om vooraf goedkeuring te kry vir ‘n huislening

Posted on September 19, 2016 by Gideon Langart in Eiendom sake

Ons vind die Geld, U vind die Huis

Waarom vooraf kwailifiseer?

  1. Weet watter bedrag jy kan bekostig voordat jy begin kyk na eiendomme.
  2. Onderhandel vir ‘n goeie koopprys met agente en verkoper met oobalink kwalifiseringsvertroue.
  3. Aansoek vir ‘n huislening in een maklike stap – wanneer jy gereed is, laat oobalink die res doen.

 

Om vooraf-gekwalifiseerd en goedgekeur te word vir ‘n verband: Hoe werk dit?

Die eerste stap om te doen voordat jy ‘n aanbod om te koop maak is om vooraf kwalifisering vir ‘n huislening te bekom. Die Nasionale Kredietwet stipuleer dat maandelikse aftrekkings, bv. inkomstebelasting, maandelikse lewenskoste en skuld in ag geneem moet word. Jou skuldvlak  kan ‘n invloed hê op die bedrag waarvoor jy moontlik voor kan kwalifiseer. Dit is raadsaam dat jy jou oobalink  finansieringsdeskundige voorsien met ‘n akkurate opsomming van jou maandelikse uitgawes sodat jou vooraf-kwalifiseringsbedrag bepaal kan word. Jou oobalink finansieringsdeskundige sal bepaal wat jou vooraf-kwalifiseringsbedrag is en sal  ‘n bevestigingsbrief vir die bedrag waarvoor  jy in aanmerking kom , aan jou uitreik. Dit stel jou in staat om ‘n eiendomsagent te voorsien met ‘n vooraf-kwalifiseringsbrief wat bereken is volgens die Wet op Nasionale Krediet vereistes.

Jou vooraf-kwalifikasie is geldig vir 90 dae. Na 90 dae sal oobalink se finansieringsdeskundige jou kontak om vas te stel of jou uitgawes verander het in hierdie tydperk. As daar ‘n wesenlike verandering is, sal die vooraf- kwalifikasie herbereken en aangepas word. As daar geen wesenlike verandering aan die inkomste of uitgawes is nie, sal oobalink weer ‘n geldige vooraf-kwalifiseringsbrief aan jou uitreik.

 

Kwotasie

Sodra die banke jou huisleningsaansoek oorweeg het en die aansoek is suksesvol , sal die bank ‘n kwotasie aan jou uitreik wat die volgende sal insluit naamlik die rentekoers, koste van krediet, enige spesiale voorwaardes wat van toepassing is, ens. Jou oobalink finansieringsdeskundige sal hierdie inligting met jou bespreek. Sodra jy saamstem met  die kwotasie, sal oobalink die betrokke bank in kennis stel, wat op sy beurt sal voortgaan om die prokureur wat aangestel is om die verband te registreer , instruksies te gee om die registrasieproses te begin.

-deur: oobalink

 


0 comments

Comments are closed.