+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Berg Rivier Kano Maraton en Karnivaal in Velddrif

Posted on July 20, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Die Berg rivier Karnivaal was weereens ‘n groot sukses van jaar gehou in Velddrif op die 16 Julie 2016. Die Berg rivier karnivaal word jaarliks gehou op die laaste been en einde van die Berg rivier-kano maraton. Berg rivier-kano maraton begin by die Paarl en eindig in Velddrif ‘n totaal van 240 km. Die wenner van vanjaar se Berg rivier-kano marathon is Henk McGregor wat nou sy 11de titel besit.

Velddrif gons met lewe vanjaar op Saterdag 16 Julie met ….

Die Karnivaal met nog meer met stalletjies vanaf “chip twisters”, vis braaie, fudge, koekies, kaas, pannekoek, speelgoed, skoene, handsakke, juweliersware, Versierings bordjies en ornamente en nog vele meer. Vermaak vir oud en jonk met swaaie en meganiese bul ritte. Sommige van ons personeel was deel van die pret en neem deel aan meganiese bul rit. Die biertent het vertoning aangebied met Ghapi, Steyn Fourie en Vincent. “Velddrif se mense is nederig en die Weskus gasvryheid staan werklik uit, ek geniet altyd my kuiers in Velddrif.” – Kommentaar van Ghapi. “Die mense hier is opreg” – Kommentaar van Steyn Fourie wat ook ‘n plaaslike inwoner is.

Velddrif se restaurante het nie terug gehou met vermaak nie…

Bokkomlaan se “Ek en Djy” het hulle 10 jaar bestaan gevier met spesiale ontbyt en verversings aanbiedinge. Plaaslike kunstenaar Jay Jay het opgetree met Vincent wat aan gesluit het met vermaak van die gehoor.

Teyanas was gepak met spesiale pryse op middagetes en Jay Jay het die gaste vermaak van middag tot die aand toe.

Vaaitjie Taphuis in Port Owen het Kallie gehad wat opgetree het.

Visvlekhuis het Karen Kay vir aand vertoning gehad.

Almal sien uit na volgende jaar se maraton en karnivaal dan gons Velddrif weer. Hoop om jou daar te sien!

As jy belangstel om eiendom in die Weskus te besit en die Weskus gees wil geniet met ontspannende water, see en rivier uitsigte, asemrowende sonsondergange en heerlike weerstoestande, besoek gerus ons: eiendomme te koop blad… Ons het eiensdomme te koop in Port Owen, Velddrif, Laaiplek, Dwarskersbos en Langebaan.


0 comments

Comments are closed.