+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Doepies wen die beste Vis en Tjips in die Weskus

Posted on August 4, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Die Weslander koerant het onlangs ‘n kompetisie gehou vir die beste vis en skyfies in die Weskus. Doepies was een van die winkels wat deelgeneem het. Die begin rondte van die kompetisie is aan die publiek gegee om te stem vir hul gunsteling vis en skyfies by verskillende winkels. Die laaste rondte was tussen vier winkels wat deur prowe gegaan het.. Doepies is bekroon met die wen titel!

Dit is maklik om te sien waarom Doepies so gewild is in Velddrif hul skyfies is vet, heerlike, tradisionele slaptjips. Die diens is goed, maar jy sal ‘n rukkie te moet wag, omdat hulle alles vars vir jou maak – maar dit is die moeite werd! 

Doepies het twee takke, een naby aan die ingang na Velddrif op Voortrekker Straat (waar die hardeware winkel en Admiraal Bar) is en die ander naby die hawe (draai regs in De Villiers St voor die Laaiplek Hotel). Buiten stokvis en tjips, snoek en chips en Calamari is daar heerlike geroosterde toebroodjies, slaaie, hoenderrepies en nog vele meer.

Jy kan ‘n ete vat as weg te neem of gaan sit by Doepies en dit geniet.

Die eienaars Gerber en Amelia Basson se vis liefde kom van kleins af, groot geword in hierdie vissersdorpie. Gerber sê:  “My pa was ‘n visserman, dit is in my bloed en ek geniet dit om te kook. Dit is hoogs belangrik vir ons om konsekwente hoë gehalte kos en diens te lewer.”

Besigheidsure:

Doepies: 9:00-08:00

Langs Doepies is Nossab Viserye geleë besoek

Tel: 022 783 2112


0 comments

Comments are closed.