+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Laaiplek Hotel ‘n moet besoek Hotel in Velddrif.

Posted on July 14, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Die besoek aan Laaiplek Hotel staan verseker uit. Dis wel ‘n 2-ster Hotel maar het 5-ster gasvryheid.

Die karakter en styl van die hotel trek aan die snare van jou hart met prente op die mure van vissermanne en vissers tonele wat ‘n magdom van stories vertel oral in die hotel. Hotel se doel en strewe word mooi opgesom: “Ons wil hê mense moet ‘n ongelooflike lekker tyd geniet by ons en die Weskus gasvryheid beleef” – Angela Bester (vloer bestuurder).

Daar is kamers beskikbaar van enkel na dubbel, wittebrood suite en semi- selfsorg met of sonder uitsigte oor die rivier met verskillende sak pas pryse. Die kamers is netjies en word vir elke persoon se behoeftes aangepas.

Word gestreef na familie vriendelikheid en kinders is welkom, kinder vermaak word voorsien met ‘n klimraam, boot, groot grasperk om te hardloop en speel. Bord speletjies kan geniet word in die leef area.

Die Hotel bestaan uit ‘n ontvangs area, leef area, konferensie kamer met kagel om die koue winters kaf te draf. Word ook gebruik as kinder partytjie lokaal. Die Ou Bar wat vissermanne besoek na lang tye op die waters met sy eie karakter van ou dorpers rugby truie, foto’s, kagel, Black Lable draught masjien en enige verversing wat graag geniet wil word. Met ‘n massiewe snooker tafel in agter kamer van kroeg wat ‘n uniek aantrekking voorsien. Aparte Restaurant en dames kroeg met roker en nie roker areas. Restuarant voorsien disse van seekos(kreef) na sappige vleis disse asook pizza’s. Van af die restaurant en buite tafels van restaurant is daar asemrowende uitsigte oor die rivier en bote wat op die water dryf. Absolute rustigheid.

Die Hotel is oop vir publiek wat nie in kamers bespreek is nie. Kan die Ou Bar sowel as restaurant geniet. Op Sondae middae van 3nm tot 6nm word heerlike musiek voorsien van plaaslike kunstenaars.

Kan ook besigheids en private funksies sowel as troues hier gehou word.

Laaiplek Hotel is ‘n waarde toevoeging aan die gemeentskap.

Vir verblyf, smaaklike etes sowel as vermaak besoek Die Laaiplek Hotel.

Kontak gerus die Hotel vir enige navrae of besprekings by:

022 783 1116

laaiplek@eigevis.com

 


0 comments

Comments are closed.