+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Pool Burgers and Dogs – Weskus Sports kroeg en eetplek.

Posted on May 18, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Geleë by die Hawe in Laaiplek, het Pool Burgers and Dogs ‘n pragtige see uitsig en net ‘n paar tree van die strand af.

Hierdie plekkie het die ware Weskus gees met sy warm, vriendelike eienaars, personeel en besoekers. Die eienaars Tobie en Letitia Dreyer en hul personeel is altyd verwelkomend en behulpsaam. Met jare se Restaurant en kroeg bestuurs ondervinding het die eienaars laas jaar oorgevat en vir Pool Burgers en Dogs ‘n populêre kuier en ontspannings plek gemaak wat aan alle mense met verskillende belangstellings, jonk en oud voorsien en Motorfiets Ryer vriendelik is. “Ons doel is dat mense gemaklik voel by ons en kan ontspanne, gesellig wees en lekker kuier” – Letitia Dreyer

Oop aan publiek  Sondae en Maandae vanaf 2 uur nm tot laat

(Dinsdae is hul toe)

Woensdae tot donderdae vanaf 2uur nm tot laat

Vrydae en Saterdae vanaf 12uur nm

Pool Burgers and Dogs is hoofsaaklik ‘n sports kroeg wat aanbied: Groot skerm rugby, Pool, Darts en danse. Die kombuis is ook gewild onder kliente vir hul Pizza’s-(bou jou eie), Hamburgers, Hotdogs, Vetkoek ‘specials’, Bredie ‘specials’, Kerrie etes en velle meer…

Aktiwiteite wat aangebied word sluit in ‘lewendige vermaak’ en danse, met plaaslike talent vanaf “Ou topie Band”, Vigeniëa Payne, Marietjie, Jay Jay wat al hier opgetree het. Die volgende optrede sal Mel Botes wees wat die 17de Junie 2016 sal wees.

Pool Burgers and Dogs is betrokke by gemeenskap en het al fondsinsamelings-veiling gehou, Verjaarsdag partytjies en oujaars partytjies. Die jaar beoog hul om wel iets nuut in te bring en glo dat dit aandag sal trek en vir nog vermaak en genietinge sal verskaf met “Dress up” partytjies met verskillende temas, eerste een wat gehou sal word is met tema Die 80’s, met pryse vir beste aangetrek Enkellopende en Paartjie, pryse soos bottel Sjampanje, 6x bier en shooters. Die ander tema’s in gedagte sluit Boemelaar, “Western/Country”, 60’s en middel van winter ‘n Witkersfees tema en Halloween partytjie.

Hier pla winter maande nie eers nie, met ‘n kaggel wat gedurig aan die gang gehou word, word die koue ook kaf gedraf.

Pool Burgers and Dogs verskaf ook oefen plek en kompetisie lokaal aan die Velddrif Pool spelers Klub die Pool Dogs wat op maandae en woensdae oefen en kompetisies speel, wat baie goed vorder en prestreer wat al twee lede SA Masters is. Die jongste speeler van die klub is 13 en ouderdom rank op na oor die 60 jaar oud. Daar is ‘n ope dag vir Vroue Pool spelers die 12de Junie 2016.

Daar is sprake dat daar ‘n Dart’s Klub ook gestig wil word. “Ons wil graag die gemeenskap meer betrokke maak by die sport van Pool en Darts” -Eienaars se woorde.

Op sondae bied hul van later in die middag af Karoake wat oop is vir enige een wat wil pret he. Later in die jaar gaan daar ‘n Velddrif Talent soektog wees na beste Karoake optrede, met pryse te wen!

Van sport kyk op die groot skerm tot die speel daarvan, vriendelike mense, kuiers, danse, snoek braaie en Karoake….. Pool Burgers and Dogs het dit als! Sit hierdie plekkie vandag nog op jou te doen lysie met ‘n besoek aan die mooie Velddrif en sy natuur uitsigte van Bergrivier tot Waterfront, Marina en See…..


0 comments

Comments are closed.