+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Velddrif Fondsinsameling Dans en Wynveiling….

Posted on August 18, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Dis ‘n hartseer en ontstellend dat die bejaarde paartjie Ali en Daan van Heerden so ingedoen was. Die gemeenskap van Velddrif voel geraak deur die gebeurtenis, sommige van ons het die persoon geken en ook vir al sy stories geval. ‘n Aantal mense het by hom deur geloop wat insluit die bejaarde paartjie wat besig was met die bou van hul huis. Hy het verdwyn met die paartjie se geld wat meer as R200 000 beloop. Daar is ‘n artikel in Die Weslander wat uitbrei oor die gebeurtenis van hierdie geval.

‘n Groep vriende het gevoel hulle wil graag hierdie paartjie help en het besluit om ‘n fondsinsameling te reël. Van diegene wat deel is van die reëlings is Jacques Burgers, Annetjie King en Michelle Roffe.

Die opvolg artikel in Die Weslander het gehandel oor die fondsinsameling. Van die inligting is wel aangepas na die berig. Dit is as volg:

  • Mandjie Dans (bring eie verversings) en Wynveiling
  • Velddrif – Stadsaal (Voortrekker straat)
  • Datum: 19 Augustus 2016
  • Tyd: 18:30 vir 19:00
  • Kaartjies: R100 per persoon
  • Kaartjie Bespreekings by: Annetjie King 072 785 9149
  • Vir Bydrae kontak asseblief vir Annetjie King vir Bank Besonderhede

Bekende Weskus Sanger Jay Jay doen ‘n gratis vertoning en sien uit om die gehoor aan die brand te sing.

Ek het met Jay Jay gesels en my vraag aan hom was hoekom hierdie vir hom so belangrik is:

“Ek het ‘n sagte plek in my hart vir daklose bejaardes en kinders. Met hierdie vertoning wil ek graag terug gee aan die gemeenskap. Sal graag ‘n glimlag op die paartjie se gesig wil sit en net ‘n klein beitjie terug gee wat hulle verloor het”

Hierdie is ‘n kans vir die gemeenskap om saam te staan. Kom en ondersteun asseblief hierdie goeie doel en deel neem aan ‘n aand van pret dans, goeie musiek, geselskap en wynveiling…


0 comments

Comments are closed.