+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Weskus Erfenis Makietie in Velddrif

Posted on September 28, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings

Hierdie Saterdag 24 September 2016 het jy die Weskus in pure genot ervaar.

Met vermaak vir jonk en oud, was dit ‘n dag vol pret, glimlagte en lag met pragtige rivier uitsigte by die Weskus Erfenis Makietie aangebied deur die SA Visserye Museum op die Laaiplek Hotelgronde.  Die tema hierdie jaar was “Gister se Toekoms”.

weskus-erfenis-maketie-4 weskus-erfenis-maketie-5 weskus-erfenis-maketie-10 weskus-erfenis-maketie-2

 

Die stalletjies het van samoosas, smoorsnoek, biltong, lekkers, boerewors rolletjies, meksikaanse kos, burgers, chips, speelgoed, serpe en vele meer aangebied.

Keel natmaak en verversings is by Laaiplek Hotel aangebied.

Kinders is vermaak op springkastelle, klimrame, trap karretjies en deur ‘n Kulkunstenaar.

 

Nog vermaak het ingesluit Weskus Rieldansers,

Rieldansers bring alle kulture by mekaar

Velddrif lyndansers,

Weskus erfenis maketie

ritmiese Xhosa- dansertjies, boot ritte, storievertellers, gaskunstenare wat die gehoor se voete laat juk het, gaskunstenaars het ingesluit: Whaden Johannes, ATKV 2016 Crescendo Finalis, Teon en Danyn White, De Zingende Byeboer (Vincent de la Querra) en Wouter van Deventer.

weskus-erfenis-maketie-3 weskus-erfenis-maketie-22 weskus-erfenis-maketie-24 Weskus kulkunstenaar het jonk en oud vermaak.

Anieke erfgoed is vertoon… Ou voertuie insluitend Ford Mustang en ‘n Draai Orrel bespeel deur “Herman, die Duitser” van Darling.

weskus-erfenis-maketie-11 weskus-erfenis-maketie-14

Hierdie genotvolle dag was georganiseerd deur die SA Fisheries Museum in samewerking met Bergrivier Toerisme, ATKV, Laaiplek Hotel en ander rolspelers. Hierdie jaarlikse feestelikheid is die 5de jaar hierdie jaar aangebied.

Vriende, familie en nuwe kennise het saam hierdie heerlike dag geniet.

Maak seker dat die jaarlikse Weskus Erfenis Makietie op jou dagboek aangeteken word, kom en geniet verskeie kulture, vermaak, stalletjies en geselligheid van die Weskus.

sa-fisheries-makietie-velddrif

 

Vir die wat hulle graag permanent hier wil vestig is daar verskillende eiendomme te koop in Velddrif, Laaiplek, Port Owen, Dwarskersbos en Langebaan. Kontak ons gerus by 022 783 1234 vir meer inligting oor eiendomme of volg gerus die eiendomme te koop blad

 

 


0 comments

Comments are closed.