+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Erf te koop op Admiral Island in Port Owen – Verw 446 R350,000

WINSKOOP ! Erf te koop in die veilige Landgoed op Admiral Island in Port Owen, waar jy nog steeds ‘n lae misdaadsyfer en goeie openbare dienste kan geniet. Naby aan skole, winkels en kerke.

Met die eerste besoek nader jy die 24 uur sekuriteits ingang verby pragtige palmbome wat jou alreeds daardie eiland gevoel gee.

Die sentraal geleë plot loop effens skuins af na die rivier wat die geleentheid bied om jou droom enkel vloer of dubbelverdieping huis so te kan bou dat jy onbelemmerde uitsig oor die Bergrivier het, terwyl seiljagte rustig verby vaar! Jy het ook ‘n pragtige uitsig na agter waar nog lang palmbome’n gevoel van vrede en rustigheid verskaf.

Loop afstand vanaf die Hawe Sentrum waar jy aktiwiteite soos Trapboot ry, Mini-golf, Kanovaart, ens kan doen en die luukse restaurant van ‘n Boetiek Hotel op die Hoof Marina geniet. Daar is voëlkyk, bootritte en nog vele meer om hier te doen ….!

Vredenburg is 23 km weg en het die Weskus Mall wat bekende besighede bied soos Game, Checkers, Edgars, Panarottis, Ocean Basket, Spur en meer … !! Kaapstad is slegs sowat 150 km.

So kom geniet die “plat op die aarde” lewenstyl van die Weskus, eksotiese sonsondergange hier aan die weste waar die son laat middag eers sak en die vriendelike mense met hul interessante lewens verhale.

Lees asb meer oor Admiral Island hier …

Om teleurstelling te voorkom bel my vandag vir ‘n besigtiging !!!


Agent Inligting

Zharnel Redelinghuys
Zharnel Redelinghuys
  • Mobiele: +27 71 499 8682
  • Faks: 022 783 1004

Stuur Boodskap