Hoekerf te koop in Velddrif – Verw 2000 R400,000
MOEG VIR DIE LEWE IN DIE STAD, VOLG DAN DIE WANDELPAD!
Hierdie eiendom is sentraal geleë in Velddrif baie naby aan van die groter besighede soos die ko-operasie, OK en binne loopafstand van die Bergrivier.
Bou jou eie Visserman styl huis op hierdie gelyke erf wat mure het aan twee kante. Alhoewel daar sekere verwagtinge is mbt die boustyl vereistes, behoort dit nie aan ‘n landgoed nie en is daar geen maandelikse heffings (levies) nie.
Sit dan terug, ontspan en geniet die heerlike Weskus Leefstyl, pragtige sonsondergange, vriendelike nederige mense met baie interessante lewensverhale en die rustigheid van ‘n lae misdaad syfer, kunsryke dorpie. Baie visvang geleenthede en ander aktiwiteite!
Slegs 23 km van Vredenburg met sy Weskus Mall waarin bekende winkelsentrums bedryf word soos Checkers, Game, Edgars, Panarottis, Ocean basket, Spur en nog meer….So 150 km vanaf Kaapstad.
Kontak my gerus vir meer inligting en besigtiging!
Agent Inligting
Gebied ai Area
- Soorte Eiendom: Erwe
- Lot: 560 m²
- Bygevoeg: 2 jaar gelede
- Verwysing Nommer: 2000
Geldeenheid Omskep