+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Kommersiële eiendom te koop in Velddrif, Weskus. Verw 2113 R1,630,000

Gebou ‘n jaar gelede is hierdie nuwe industriële eiendom met ‘n gebou grotte van +- 320m² op ‘n 1230m² erf nou beskikbaar en goed geprys!  Geleë in die industriële gebied in Velddrif. Bouplanne beskikbaar vir besigtiging.

Neem asb kennis: Hierdie gebou is beplan en gebou om as kantore gebruik te word. Op die oomblik gebruik die eienaars dit as ‘n huis en daarom bevorder die foto’s die voorkoms van ‘n huis met slaapkamers en oopplan kombuis met leefarea. Hou asseblief in gedagte dat hierdie eiendom gebou is en bied u die volgende:

Ruim onthaal area met kombuis en klein opwaskamer (selfs ‘n klein koffiewinkel geleentheid) terwyl kliënte op afsprake wag.

Een badkamer.

Drie ruim kantore. (ekstra ruim hoofkantoor). Goed uitleg van die kantore – wat baie suiwer en natuurlike lig toelaat.

Dubbel motorhuis.

Buitelug vermaaklikheidsgebied met vuurpit en visdam.

Genoeg spasie op erf om uit te brei en aan te bou.

Hierdie eiendom het die potensiaal om in amper enige vorm van besigheid gebruik te kan word.

Kontak my asseblief vir meer inligting en om hierdie eiendom te besigtig by keshia@gideonestates.co.za of 064 906 0567


Agent Inligting

Stuur Boodskap