+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

LAAT DIE BETOWERENDE UITSIG U ASEM WEG SLAAN IN LANGEBAAN!!107 R7,800,000

Hierdie eiendom kan ook bedryf word as ‘n gastehuis vir die meer gesofistikeerde kliente. Die huis is lig en ruim met ‘n wonderlike gevoel van oop plan lewe met verskeie patio’s met uitsig oor die natuur en lagune. Die eiendom moet gesien word om sy werklike waarde te besef! Hierdie uitsonderlike woning bied ‘n panoramiese uitsig oor die lagune wat nooit verlore kan gaan nie. Die eiendom bied die huiseienaar meer as net ‘n huis.

Die sitkamer het hierdie panoramiese uitsig, met die sonsondergang om jou sprakeloos te laat en gee jou die gevoel om in die veld te wees aan die een kant en uitsig oor die swembad aan die ander kant. Die ruim oop kombuis, eetkamer en sitkamer maak dit ‘n wonderlike onthaalhuis vir die entertainer. Daar is ‘n gas en hout ingeboude braai tussen die eet- en sitkamer. Die ultra moderne kombuis is geskik vir ‘n sjef met ‘n 4-plaat glastop en ingeboude oond en ‘n aparte opwaskamer. Die waskamer is heeltemal apart met aansluitings vir die wasmasjien en tuimeldroër.

Op die grondvloer het ons 2 groot slaapkamers en ‘n volledige badkamer. Daar is ook voorsiening gemaak vir ‘n hysbak na die boonste verdieping.

Daar is 3 geysers in hierdie huis. Die studie / kantoor met ‘n ingeboude kas, is ‘n bykomende werk vanaf die huis kantoor waar u die swembad met sy ontspannende waterfontein kan sien .

As jy die trappe op gaan, is die eerste ding wat jou oog vang, die pragtige natuurskoon.

Van die konings grootte hoofslaapkamer word U soggens gewek met n uitsig  oor die groen gordelarea en uitsig oor die lagune. Die en-suite-badkamer wat ‘n Italiaanse ontwerpersbad, ‘n enorme stort, sy en haar wasbakke, handdoekreilings en pragtige afwerkings het rond die kamer af. Die hoofslaapkamer wat geskik is vir ‘n koninklike paartjie het ‘n eie balkon en ingeboude kaste, met genoeg spasie vir u eie privaat sitkamer

Die tweede en derde slaapkamers is ruim en het inloopkaste met elk hul eie badkamer. Die ruim teaterkamer het sy eie balkon / patio met volmaakte uitsig. Vermaak al jou vriende en familie met die nuutste flieks of die sport op die groot teaterskerm.

Die linne kas is ruim en het meer as genoeg ruimte vir al die snuisterye wat jy vir herinneringe wil hou.

Die uitgelegde tuin is goed onderhou en ‘n plesier om in te wandel na ‘n harde dag ae werk.

Die motorhuis is groot genoeg vir 3 voertuie en is geoutomatiseer en daar is meer as genoeg parkering agter ‘n sekuriteitshek met ‘n interkomstelsel vir u besoekers.

Dit is ‘n huis vir die fynproewer wat hy trots op kan wees indie gesogte Langebaan in die weskus


Agent Inligting

Rene Rogers
Rene Rogers
Professionele Eiendoms Konsultant
  • Mobiele: +27818690808

Stuur Boodskap