+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Netjiese Drie Slaapkamer Huis te koop in Langebaan. Verw: 2014 R1,495,000

Dit is ‘n Langebaan Juweel. Moenie wag nie, kom kyk vandag nog.

Hierdie huis is geleë op loop afstand van die strand, Club Mykonos, restaurante en die Laguna Winkelsentrum..

Hierdie baie netjiese drie slaapkamer huis bied ‘n oop plan leefarea met binnenshuise braai. Kombuis is toegerus met ‘n Gasfornuis en ‘n nuwe elektriese oond.

Beneden sal jy ‘n ruim kamer kry, saam met ‘n normale grote slaapkamer en ‘n volledige badkamer.

Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping en het ‘n en-suite wat ‘n stort, wasbak en tiolet insluit.

Alle kamers het ingeboude kaste.

Van die hoofslaapkamer bo is daar ‘n klein leefarea wat gebruik kan word as ‘n studie, TV-kamer, speelkamer of net ‘n ontspanningsarea.

Vanuit die klein woonkamer kan mens deur ‘n skuifdeur loop wat lei tot ‘n patio. Die patio is deels bedek met Gum Pale, wat die noorde kant bedek.. Pragtige uitsig vanaf patio.

Die Huis offer ook ‘n ekstra grote enkel motorhuis wat ideal is vir al jou wasgoed behoeftes.

Daar is ook ‘n groot bedekte area wat toegesluit kan en wat gebruik kan word vir nog ‘n voertuig, karavaan of selfs ‘n boot.

Tuinbesproeing is geinstaleer in die tuin. Dit het ook veiligheids hekke en ‘n alarm stelsel om vir jou daai ekstra gemoedsrus te gee.

Skakel my vandag nog om hierdie woning te kom besigtig.


Agent Inligting

Marilize Maree
Marilize Maree
  • Mobiele: 0723059634
  • Faks: 0867102305

Stuur Boodskap