+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Nuut geboude huis in rustige area te koop in Langebaan. Verw 1062 (VERKOOP) R1,850,000

VERKOOP

Hierdie baie netjiese nuut geboude huis is te koop in Langebaan. Geleë in die hart van Langebaan in ‘n stil singel in die bekende Country Club van Langebaan. Hier het jy gemoedsrus en veilige lewensomstandighede.

Die huis bied Pragtige, moderne Afwerkings en oop ruimtes.

Gemaklike lewe met drie slaapkamers en aansluit badkamers. Hoofslaapkamer met volledige badkamer. Alle kamers met netjiese ingeboude kaste.

Ruim oopplan Kombuis, sitkamer en leef area met ingeboude braai. Kombuis met baie kaste, sowel as ‘n inloop spens, ideaal vir enige vrou.

Klein ekstra hoek vir jou studeer area. Leefarea en hoof slaapkamer met skuifdeure wat lei na buite private patio. Vanaf die patio is uitsigte van ‘n klein stukkie van die Langebaan-strandmeer te sien.

Groot Opwas / Waskamer loop in die dubbelmotorhuis met outomatiese deure.

Die jaard is deels geplavei met ‘n pragtige groen grasperk reg rondom die huis.

Perfekte Familie huis

Kontak my gerus vir meer inligting en besigtiging!


Agent Inligting

Marilize Maree
Marilize Maree
  • Mobiele: 0723059634
  • Faks: 0867102305

Stuur Boodskap