+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Nuutgeboude Drie Slaapkamer Huis te koop in Country Club, Langebaan. Verw: 2011 R2,095,000

Kom besigtig gerus hierdie Nuutgeboude Drie Slaapkamer Huis, gebou uit 14Mpa Stene en gelee in die wel bekende Country Club, naby die Mashie Golf Baan.

Hierdie Huis is ‘n goeie belegging met sy moderne hoë gehalte afwerkings.

Oop plan leef area, binne braai en Kombuis. Kombuis is toegerus met genoegsame kaste en het Rustenburg Graniet Bladdens op. Kombuis het ook ‘n loop in kruidenierskas met ‘n skuifdeur.

Is toegerus met ‘n skottelgoedwasser punt, Besem-kas, Spesery kas asook ‘n kas waairin die vullisdrom kan staan – uit die oog.

Die hoofslaapkamer het sy eie volledige badkamer met ‘n ekstra groot stort wat 1.2m wyd is, en ‘n hom en haar wasbak. Die slaapkamer is ook toegerus met baie ingeboude kaste.

Die ander twee slaapkamers het baie spasie en het ook ingeboude kaste.

Een familie badkamer ook met ‘n ekstra groot stort. Badkamers is afgewerk met Ceasarstone bladdens.

Die binne braai lei met skuifdeure na die privaat, hoë omheinde tuin buite.

Ekstra lengte 7 x 6.5 Dubbelmotorhuis met outomatiese deure. Elektriese punt en Loodgieter punt aangelê vir al jou wasgoed behoeftes.

Lieflike area voor los mens met baie potensiaal vir ‘n pragtige tuin.

Huis is reg rondom geplaveisel.

Kontak my gerus vandag nog om huis te kom besigtig.

 

 


Agent Inligting

Marilize Maree
Marilize Maree
  • Mobiele: 0723059634
  • Faks: 0867102305

Stuur Boodskap