+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Nuwe 3 Slaapkamer huis te koop Velddrif R1,629,000

Pragtige splinter nuwe huis byna klaar gebou (x2) in ‘n veiligheidskompleks in Velddrif.

Hierdie huis verskaf die hoogste kwaliteit afwerkings en word gebou met die natuurlike omgewing in gedagte. Dit sluit ‘n son geiser (warmwatertoestel) en 40mm dik Isopine plafonne in wat geld sal spaar in terme van hitte en energie kostes. Hierdie plafonne behoort die leeftyd van die huis te hou met minimale agteruitgang in termiese prestasie. Terselfdertyd word gryswater wat gefiltreer is in die kompleks gebruik vir irrigasie doeleindes.

Die huis bestaan uit 2 ruim slaapkamers en 1 pragtige groot hoof-slaapkamer met ‘n skuifdeur en ten volle uitgelegde privaat badkamer. ‘n Tweede badkamer sluit ‘n bad/stort in met ‘n wasbak en toilet. Alle slaapkamers het ingeboude kaste.

Die leefarea is oop en ruim met natuurlike lig regdeur die vertrek en ‘n skuifdeur wat toegang verleen na die stoep toe. Die kombuis en eetkamer vloei inmekaar met ‘n skuifdeur wat toegang gee na die geplaveide tuin toe. Kombuis oppervlakte sal graniet wees. Die opwas area vorm deel van die kombuis maar is in die agterkant geakkommodeer met toegang na die wasgoedkamer toe. Die wasgoedkamer kan ook as ‘n spens ingespan word indien nodig en lei uit na die dubbel motorhuis met 2 rolluik deure.

Skuifdeure en vensters is aluminium en die mure is gepleister en met verf afgewerk wat ‘n 8 jaar waarborg het. Teelvloere sal ingesit word en die plaveisel sal sorg vir pragtige afwerking om die huis en oprit.

Werklikwaar ‘n goeie belegging in eiendom en ‘n leefwyse wat veiligheid en gerustheid van hart sal voorsien.

Kontak my gerus om te besigtig.


Agent Inligting

Theresa Howell
Theresa Howell

Stuur Boodskap