+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Self Sorg Vakansie Woonstel kompleks te koop in St Helena Baai. Verw 2091 R3,260,000

Hierdie is ‘n absolute wonderlike besigheids en eiendom belegging!

Hierdie selfsorg vakansie woonstelle is in ‘n baie mooi area van St Helenabaai beskikbaar met uitsonderlike uitsigte oor die see. Selfs uit die meeste slaapkamers het jy pragtige en ontspanne see uitsigte.

Hierdie eiendom bied u: 1 x Een slaapkamer eenheid, 4 x Twee slaapkamer eenhede, Swembad, Ommuurde eiendom, geplavei met genoeg parkeer plek.

Een slaapkamer woonstel:

Is die perfekte paartjie akkommodasie met die woonstel apart van die twee slaapkamer eenhede met eie private area en net langs die swembad. Onderdak stoep met braai. Privaat parkeer area. Oopplan kombuis en sitkamer, ruim slaapkamer met aansluit badkamer met stort.

Twee slaapkamer woonstelle het:

Oopplan kombuis met eetkamer en sitkamer. Twee slaapkamers en een badkamer met stort. Al die woonstelle met ingeboude kaste in kombuis en slaapkamers. Elkeen van die eenhede het hul eie privaat onderdak stoep met braai.

Kompleks word verkoop gemeubileer en ekstra beddegoed! Reg om jou besigheid te begin.

 Kontak my gerus vir meer inligting, ‘n uitleg van moontlike inkomste wat gegenereer kan word, en om hierdie eiendom te besigtig! Kontak my asb by keshia@gideonestates.co.za of 064 906 0567


Agent Inligting

Keshia Cronje

Stuur Boodskap