+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Semi- Waterfront Erf te koop in Port Owen – Ref 2002 (VERKOOP) R435,000

VERKOOP
UITEINDELIK DIE KANS OM JOU EIE DROOM  HUIS TE BOU !!
Dit is een van die min Semi-Waterfront vakante erwe beskikbaar. Geleë in Port Owen met ‘n lae misdaad en ‘n veilige omgewing.
Die unieke erf is redelik gelyk en omheind aan twee kante. Jy sal jou eie drie en ‘n half meter loopvlak hê wat lei tot by die water, met jou eie kaai en boot daaraan vasgemeer.
Kom lê lui-lekker in die son en geniet die pragtige sonsondergange in die laatmiddag, terwyl jy die rustige en kalm lewenstyl van die Weskus geniet.
Naby aan winkels, skole, kerke en baie van die aktiwiteite en watersport, visvang, voëlkyk, 4 x 4 Roetes, ens …. So 23 km van die Weskus Mall in Vredenburg en ongeveer 150 km vanaf Kaapstad.
Kontak my gerus om te kom kyk!

Agent Inligting

Kenny Belling
Kenny Belling

Stuur Boodskap