+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Sewe Slaapkamer huis te koop in Langebaan Verw 1060 R3,360,000

Sewe slaapkamer huis te koop in Langebaan.

Hierdie groot huis word tans gebruik as ‘n vakansiehuis en baie gewild vir sy goeie posisie. Die huis bied ‘n beleggings geleentheid vir uit verhuuring van vier verskillende selfsorgeenhede of net as ‘n groot Vakansiehuis vir die hele gesin en al jou vriende !!

Die huis is geleë 5 minute se ry na Club Mykonos en Laguna Mall.

Grond vloer bied 2 x Twee slaapkamer eenhede met eie badkamer, kombuis, sitkamer en binnenshuise kaggel.

Bo is daar drie slaapkamers met twee badkamer. Kombuis en Sitkamer met binnebraai. Hout deure lei na groot stoep met pragtige see uitsigte. Uitsig vanaf die balkon van die Gary Player-gholfbaan van Langebaan agter die huis.

Buite is daar ‘n “Vermaak Kamer” met eie kombuis, badkamer en twee aparte kamers wat geleentheid bied vir twee kamers, studeer kamer, ateljee of net stoorplek.

Daar is ‘n buite braai by die Vermaak Area.

Dubbel Motorhuis

In die voorkant van die huis is ‘n klein goed gevestigde tuin.

Kontak my gerus vir besigtiging van hierdie unieke woning!


Agent Inligting

Marilize Maree
Marilize Maree
  • Mobiele: 0723059634
  • Faks: 0867102305

Stuur Boodskap