+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Skop jou skoene uit en kom geniet die ontspanne lewenstyl van die weskus!! 106 R5,250,000

Huis kan in 3 dele verdeel word. Hierdie huis bied 6 slaapkamers, 5 badkamers en ‘n gastetoilet. Oopplan-sitkamer, gourmet-kombuis met ‘n Franse koloniale styl-eiland waarom 14 persone kan rustig sit en eet en kuier. Die huis kan gesoneer word as ‘n gastehuis. Hoofhuis: Ingangsportaal met waterfontein. Oopplan sitkamer met ‘n gaskaggel. Kombuis het granietbladdens met ‘n 5-plaat gasstoof en elektriese oond en n “cooker hood” Aparte waskamer met wasmasjien en skottelgoedwasser konneksies. Huis is rolstoel vriendelik. Gekodeer vir gas. Son geyser. Aluminium diefwering, veiligheidshekke. Sitkamer skuifdeure maak oop op ‘n patio / terras wat heeltemal gesluit kan word met flappe of oopgelos word.. Hoofslaapkamer met volledige en suite-badkamer, handdoekrelings. 2 Slaapkamers met tussenliggende badkamer. Alle slaapkamers met deure wat uitloop op die swembad. Studeerkamer / kantoor met baie kasruimte.

Tweede deel van die huis: Ouma woonstel met 2 badkamers, oopplan kombuis en deure wat lei na ‘n privaat tuin. Rolstoel toeganklik. Een aparte slaapkamer.

3 Motorhuis 8,3 x 8,3 m lank en breed vir 2 motors en ‘n boot. Die boonste verdieping bestaan ​​uit ‘n oop plan sitkamer, slaapkamer en kombuis en badkamer met ‘n groot balkon met uitsig oor die lagoon en berg. Kan ook gebruik word vir ‘n ontspanningskamer.. Die tuin is maklik onderhoubaar met plaveisel en ‘n swembad. Braai boma / man grot vir die man in die huis om sy vriende te onthaal.      2 Watertenks van 1000 en 800 liter elk. Buite stort. Eco en omgewing vriendelike huis  Staal gestruktureerde huis met staal yster dak. 4 TV-punte Dstv skottel. Meer as genoeg elektriese puntproppe in elke kamer  Huis is verdeel in 3 gebiede met elk sy eie elektriese stroombaan. Waterfilter stelsels. Alarmstelsel word ook afsonderlik vir elke area geaktiveer.


Agent Inligting

Rene Rogers
Rene Rogers
Professionele Eiendoms Konsultant
  • Mobiele: +27818690808

Stuur Boodskap