+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Prys Verlaag! Waterfront Huis te koop in Port Owen – Ref 2028 R3,050,000

Hierdie pragtige Waterfront huis met unieke fasette in sy boustyl is op die Port Owen Hoof Marina met pragtige seiljagte orals vasgemeer om na te kyk, te sien hoe hulle verby seil en selfs jou eie seiljag vasgemeer voor jou huis te geniet. Dit is ‘n dubbelverdieping twee slaapkamer huis met en-suite badkamers, ‘n gaste badkamer en ‘n een slaapkamer woonstel ook met ‘n uitsig oor die Marina.

Grond vloer:-

  • ‘n Pragtige ruim sitkamer het ‘n ingang via die gesellige ingeslote swembad area met pragtige rose om jou vreugde te verskaf
  • Daar is ook ‘n aparte gaste toilet.
  • Die kombuis / eetkamer / sitkamer is ‘n oop plan met ‘n opwaskamer en waskamer.
  • Daar is ‘n kamer met sy eie skuifdeur ingang vanaf die Patio wat baie natuurlike lig verskaf vir kuns en kunsvlyt of ‘n kantoor.
  • Die ingeboude buite braai area is op die patio wat uitkyk oor die skilderagtige Marina en het toegang tot die huis via ‘n skuifdeur.

Boonste verdieping:-

  • Daar is ‘n sitkamer wat spog met ‘n ingeboude bar en portaal wat met ‘n skuifdeur  uitloop op ‘n groot pragtige balkon wat nog steeds ‘n uitsig oor die Marina gee.
  • Beide slaapkamers is op die boonste verdieping met hul eie en-suite badkamers en een slaapkamer het sy eie balkon met ‘n uitsig oor die Bergrivier en selfs so ver as St. Helenabaai waar jy  pragtige sonsondergange kan bewonder en waardeer.

Woonstel:-

  • Mooi moderne kombuis, oopplan sitkamer wat sy eie ingang via skuifdeur na ‘n oulike patio het en ook uitsig op die Marina voorsien.
  • Die een slaapkamer woonstel het ‘n gemaklike modern en-suite badkamer.

Daar is ‘n dubbelmotorhuis met outomatiese deure en ‘n lekker dubbel motorafdak.

Jy het jou eie kaai vir jou seiljag …..

Kom geniet die vreedsame lewe wat Port Owen bied en die rustigheid van die rivier, die skoonheid van voëlkyk, sonsondergange en die plesier van paddle boot, kano vaart, visvang, seiljag, en nog vele meer!

Moenie uitstel want waterfront eiendomme soos hierdie is baie skaars.

 

Kontak my gerus om te besigtig:


Agent Inligting

Stuur Boodskap