+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Waterfront Herehuis te koop in Port Owen Verw 037 Prys Verlaag!!! (VERKOOP) R4,750,000

VERKOOP

As jy baie binne en buite ruimte nodig het met pure luuksheid en net die beste afwerkings wat geskik is vir ‘n koningin, dan is die woning presies wat jy wil he! Wanneer jy hierdie Herehuis instap voel dit asof jy sopas ‘n bespreking gemaak het in die mees luukse hotel. Groot ruim kamers sluit in twee braai kamers, eetkamer, kroeg en verhitte bedekte swembad, elke swembad het solar (sonpaneel) verhitting, sowel as elektriese verhitting vir winter maande.

Die vermaak en onthaal area kan ook heeltemal met eletriese stapel deure oop maak na ‘n groot groen grasperk met ‘n tweede verhitte swembad buite en jou eie private “jetty”. Oopplan kombuis, graniet blaaie met aparte opwaskamer / waskamer met sy eie een slaapkamer huishulp woonstelletjie. Op die boonste verdieping sal jy vier slaapkamers en ‘n studeer kamer vind. Baie ruim hoofslaapkamer met ‘n aansluit-badkamer en sy eie private balkon. Die ander kamers deel hul eie sitkamer en badkamer.

Hierdie eiendom het ook ‘n volle twee slaapkamer woonstel met sy eie ingang. (Wat ‘n maandelikse inkomste van rondom R8000 per maand kan genereer). Woonstel met ruim oopplan leefarea, braai area, kombuis en sitkamer.

Hierdie eiendom is gelee op twee groot waterfront erwe.  Het ook sy eie private tennisbaan wat teen ‘n bykomende prys gekoop kan word . Altesaam vier motorhuise Ekstras sluit in: Lugversorging in sekere areas van huis, sy eie 5kW sonkrag elektriese stelsel, alarmstelsel, en elektriese veiligheidshekke.

Altesaam vier motorhuise Die Waterfront huis is ‘n klas van sy eie. Absoluut beeldskoon met asemrowende uitsigte vanaf en oor die waterfront.


Agent Inligting

Vanessa Langart
Vanessa Langart
Agent
  • Mobiele: +27 76 960 3419
  • Faks: +2722 783 1004

Stuur Boodskap