+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Port Owen Seiljag Klub – Kom seil die Weskus waters.

Posted on July 31, 2017 by Keshia Cronje in Ontspanning en Bestemmings, Sailing

Die Port Owen “Yacht Club” het ‘n lidmaatskap veldtog. So gedurende die maande van Augustus en September 2017 kan u aansluit sonder die R 1 100 Familie- of R 700 Individuele aansluitingsfooie. Net jaarlikse pryse.

Wat kry jy?

Wel, die drankies is baie goedkoper as in kommersiële kroeë.

Op Maandae aande het hulle kroegvasvrae speletjies, groot pret. Met goedkoop drankies en vingerhappies.

Woensdae aande is dit etes en goedkoop drankies.

Vrydae etes en drankies.

Sondae middag etes ens.

En daar is baie bring en braais en ander funksies.

Plus as jy wil gaan vaar, is daar altyd iemand wat op soek is na bemanning, koop vir jou ‘n seilpet en baadjie en gaan seil, dit is opwindend! Jy hoef nie Engels te wees nie, daar is baie Afrikaanssprekendes. Jy hoef nie ‘n boot te hê nie. Jy hoef nie ryk te wees nie.

So sluit aan nou en…. geniet, spaar geld, drink goedkoper, hou partytjie en gaan seil die lieflike Weskus waters!

Gaan besoek gerus die “Port Owen Yacht Club” op een van die bogenoemde aande en besluit vir jouself.


0 comments

Comments are closed.