+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Sandpiper Seiljagte- ervaar lewe op ‘n unieke manier!

Posted on August 11, 2016 by Gideon Langart in Ontspanning en Bestemmings, Sailing

Ek is op slag betower deur die passie wat Alan toon wanneer hy praat oor Seil.

Na meer as 30 jaar van vaar ervaring, Alan het my as ‘n suiwer beginner, wat nog nooit gevaar het – hieper opgewonde om dit te probeer.

“Dit is ‘n rustige, ontspanne atmosfeer met die natuur en lewe wat op ‘n heel nuwe manier ervaar word. Voëls is oral om jou en ek het al dikwels opgemerk walvisse en dolfyne langs die pad”- Alan.

Sandpiper Charters is ‘n gesertifiseerde Boot, gelisensieer vir 12 passasiers plus 2 personeelled. Ruim dek en trampolien om op te lê en die son te geniet. Alan is die Skipper. Sandpiper Charters word bedryf deur al die seisoene, wanner die weer en veiligheid dit toelaat.

Daar is verskillende pakkette wat beskikbaar om vir alle begrotings te pas. Die boot het ‘n braai en jy kan jou eie drankies en versnaperinge saam bring.

Pakkette aangebied:

•2uur Sonsak vaart

• Sandy Point met ‘n stop by ‘n vis en chip winkel op die strand en terug na Port Owen Marina

• Stompneusbaai – halfdag bootrit en kan braai terwyl vaar

• Voldag – sonop tot sononder (afhangende van weer)

• Klein werks funksies

• Klein private funksies of Verjaarsdag Partytjies

Dink en verbeel jou die ….. ‘n ontspannende drankie in jou hand, absorbeer die son, koel vars briesie van die see, die vars en skoon reuk van die see gemeng met ‘n vleisie op die braai. Vir my klink dit suiwer siels ontspannend en ‘n moet op my lysie … So as jy die Weskus wil ervaar in ‘n hele nuwe manier, of jy al gevaar het of dit vir eerste keer wil probeer. Kontak Sandpiper Charters en kom ontmoet Alan die Skipper met ‘n passie vir vaar en ‘n liefde vir die Weskus.

Sandpiper Charters – Vir meer inligting

Hoop om jou gou te sien!


0 comments

Comments are closed.