+27 (0)22 783 1234 (alle ure)

Gideon Estates

Ons Webjoernaal

Opwindende manier om die Weskus te ervaar…. Gaan Seil!!

Posted on October 3, 2016 by Gideon Langart in Sailing

In ‘n vorige artikel het ek geskryf oor Sandpiper Yacht Charters en die kaptein, Alan Biesheuvel lees artikel van Sandpiper seiljagte

Met Alan se passie vir seil en liefde vir die Weskus was ek baie gretig om vir die eerste keer te gaan seil…. Wat ‘n asemrowende ervaring !!!

Alan en Anton, so ‘n behulpsame en vriendelike bemanning, het my gehelp om aan boord te kom en ek was uiters opgewonde toe die boot se motors aangeskakel was. Daar was ook ander gaste sowel as ek en my seuntjie.

Gou was die seile gevul met die wind en ek is aangegryp deur die opwinding van die vaar. Hoe ek seil voorgestel het was oortref deur die werklike ervaring.

sailing-in-the-west-coast-11 sailing-in-the-west-coast-18 sandpiper-charters-views-when-sailing-in-west-coast

Die skare het ewe skielik saam begin staan en opwinding kon gevoel word met ‘n uitroep van “Kyk daar is ‘n walvis” Wat ‘n pragtige en nederige uitsig.

Ek was baie gelukkig om ‘n kans te kry om die catamaran te stuur, ‘n siel beruste en vryheid gevoel terselfdertyd. Dit is net daar wat ek kon verstaan hoekom die passie vir vaar so sterk kan wees.

sailing-in-the-west-coast-28

Sit op die trampolien, lag en geniet ongelooflike uitsigte met nuwe vriende en familie was ‘n seën!

sailing-in-the-west-coast-20

Sedert ek na Velddrif verhuis het. Het ek nog altyd gesê dat die Weskus het die beste sonsondergange, maar om ‘n sonsondergang te ondervind met seëvoels wat rond vlieg met die seil avontuur, was ek oortuig!

sandpiper-charters-2

Dit was een van my beste ervarings in die Weskus …

 

As jy wil graag die Weskus ervaar in ‘n absoluut unieke en siels voedende manier …. Gaan seil!

Kontak Sandpiper Yacht Charters om jou bespreking vir die lieflike ervaring te maak by Alan Biesheuvel.

seevoels-op-die-waters-van-die-weskus

As jy belangstel om die Weskus jou permanente tuiste of vakansie bestemming te maak en die lewenstyl van die Weskus wil geniet besoek gerus ons bladsy op eiendomme te koop in Velddrif, Port Owen, Laaiplek, Dwarskersbos en Langebaan of skakel ons by 022 783 1234.

 


0 comments

Comments are closed.